- Vanaf R13,950 per persoon wat deel
- Maandelikse paaiemente beskikbaar
Kimberley, Hopetown, Carnavon, Britstown, Vosburg, Calvinia, Niewoudville, Lambertsbaai, Dwarskersbos, Laaiplek, Velddrif, Paternoster, Langebaan, Klawer, Springbok, Bitterfontein, Garies, Pofadder, Augrabies, Kakamas, Upington, Groblershoop, Kroonstad, Bloemfontein
Prys sluit in:
- Busvervoer
- Baie goeie verblyf
- Twee etes daagliks, ontbyt en aandete
- Alle toegangsgeld en fooitjies
Toer Program
Vertrek vanaf Pretoria, Alberton, Vanderbijlpark, Kroonstad en Bloemfontein na Kimberley waar ons oornag.
Na ontbyt vertrek ons na Carnavon via Hopetown Britstown en Vosburg. Oornag Carnavon.
Vandag behoort ons die eerste blomme te sien vanaf Calvinia, Niewoudville tot in Lambertsbaai waar ons oornag.
Na ontbyt gaan ons blomme soek en besoek Dwarskersbos Laaiplek Velddrif en vertoef n ruk in Paternoster vir ligte midag ete. Daarna besoek ons Langebaan area en dan weer terug na Lambertsbaai hotel waar ons oornag.
Na ontbyt ry ons na Springbok via Klawer kelders vir wynproe en dan na Bitterfontein en Garies. Oornag Springbok
Na ontbyt gaan ons blomme soek in area. Slaap Springbok.
Na ontbyt ry ons na Augrabies waterval via Pofadder. Slaap in Kakamas.
Ons begin terugtog na Kimberley via Upington en Groblershoop. Oornag Kimberley.
Ons laaste dag en ry via Bloemfontein en Kroonstad weer terug huis toe met baie fotos en nuwe vriende.