- Vanaf R13,950 per persoon wat deel
- Maandelikse paaiemente beskikbaar
Kimberley, Hopetown, Carnavon, Britstown, Vosburg, Calvinia, Niewoudville, Lambertsbaai, Dwarskersbos, Laaiplek, Velddrif, Paternoster, Langebaan, Klawer, Springbok, Bitterfontein, Garies, Pofadder, Augrabies, Kakamas, Upington, Groblershoop, Kroonstad, Bloemfontein
Prys sluit in:
- Busvervoer
- Baie goeie verblyf
- Twee etes daagliks, ontbyt en aandete
- Alle toegangsgeld en fooitjies
Toer Program
Vertrek vanaf Pretoria, Alberton en Vanderbijlpark en laai ook op in Parys, Potchefstroom en Klerksdorp en oornag Kimberley.
Na ontbyt vertrek ons Carnavon via Hopetown Britstown en Vosburg. Oornag Carnavon.
Vandag behoort ons die eerste blomme te sien na Calvinia oppad na Niewoudville en Lambertsbaai waar ons oornag.
Na ontbyt vertrek ons na Paternoster via Dwarskersbos Laaiplek e n Veldrif. Ons geniet n ligte ete by die strand en dan ry ons via Langebaan terug na Lambertsbaai waar ons oornag.
Na ontbyt ry ons na Springbok maar maak eers n draai by Klawer kelders vir n wynproe. Dan ry ons via Bitterfontein en Garies na Springbok waar ons oornag.
Vandag gaan ons blomme soek in die area asook Goegap natuur reservaat. Slaap Springbok.
Ons reis na Augrabies waterval via Pofadder. Oornag by Kakamas na n besoek aan die Pienkpadstal.
Ons begin vandag ons terugtog huis toe via Upington en Grobblershoop. Slaap weer in Kimberly
Ons vertrek na ontbyt terug huistoe met baie fotos en nuwe vriende