- Vanaf R11,750 per persoon wat deel
- Maandelikse paaiemente beskikbaar
ATKV Eiland, Panorama Roete, Pelgrimsrus, Royal Hotel, Kruger Wildtuin, Karula Hotel, Witrivier
Prys sluit in:
- Busvervoer
- Baie goeie verblyf
- Twee etes daagliks, ontbyt en aandete
- Alle toegangsgeld en fooitjies
Toer Program
Vertrek vanaf Vanderbijlpark, Alberton en Pretoria na ATKV Eiland.
Ons spandeer 'n rustige dag in die oord.
Na ontbyt vertrek ons via Panorama roete na Pelgrimsrus waar ons in die Royal Hotel oornag.
Na ontbyt vertrek ons na Kruger Wildtuin vir die dag en oornag by Karula hotel te Witrivier.
Na n vroee oggend koffie en beskuit, vertrek ons na Kruger opsoek na die groot 5. Slaap weer in Karula hotel.
Vertrek weer na Kruger na vroee koffie opsoek na ons diere. Slaap weer by Karula hotel.
Vandag weer n vroee vertrek vir ons laaste dag opsoek na die Groot Vyf. Oornag by Karula hotel.
Na ontbyt vertrek ons terug huis toe na 'n kort vakansie met baie fotos en nuwe vriende.